Mattie Moolman en Henk Velder is al van kleintyd af beste maats. Toe Mattie aand na aand die sterrereen oor die Skimberge oplet oortuig sy Henk om saam met haar te gaan ondersoek instel. Hulle pak benodigdhede om vir ‘n dag of twee te kan oorleef op Mattie se oupa se ou vlot en vertrek douvoordag met die rivier af berge se kant toe.