Ettiene le Roux se eerste trologie bestaain uit Die Eerste lewe van Colet (1955), Hilaria (1957) en Die Mugu (1959) en verteenwoordig die eerste siklus van sy groot siklus-in-wording. In hierdie eerste saamhangende geheel is die spore van die buitelandse skrywers nog duidelik herkenbaar, maar ook 'n onmiskenbaar oorspronklike skrywerskap wat met groeiende behendigheid ontwikkel word is sigbaar. Hierdie werke verteenwoordig 'n jong skrywer se kreatiewe reaksie op die literêre tradisie, waarteen hy hom enigsins verset.