Willie van der Merwe se debuutbundel handel oor religieuse ontnugtering geklee in vele vorme en is 'n verkenning van die eksistensiele vakuum soos selde tevore in Afrikaans. Die titel sinspeel op die eenvoudige kwaliteite van die alledaagse mens aan die een kant maar aan die ander kant op die fisiese en geestelike dood.