Doen dit weer so isân samestelling van Vrouekeur se gewilde wenkerubriek. Die weeklikse rubriek benadruk die idee dat jy met min baie kan doen. Daarâs wenke vir jou kombuis sitkamer kamer en badkamer. En die helde van die boek? Suurlemoen asyn en koeksoda! Jy kan feitlik enigiets daarmee skoonmaak.