Bloot ân roetine-ondersoek dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om ân nuwe saak te ondersoek. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na ân uitdaging om die dief vas te trek nie maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref beland hy in ân baie gevaarlike situasie.