Die vertrek waarin ek my opgestopte voeltjies in glaskissies uitgestal het het ek ontruim. Ek het die voeleiertjies en -neste asook kassette met opnames van voelgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat en ân ma mag haar kind nie haat nie.