Hierdie kortverhaalbundel bevat Hennie Aucamp se eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneentheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.