Dit is 'n vertederende en lewensbevestigende verhaal wat hom in 'n Suid-Afrikaanse township afspeel. Hier word van die meisie Siziwe verwag om 'n rukkie na haar boeties en sussies te kyk - haar ma is land toe om na hul siek oupa om te sien en hul pa is uit op see.