Dylan en Palesa stap saam met Dylan se pappa skool toe. Hulle is in die Gr R-klas. Dis hulle eerste skooldag! Op pad is daar 'n piepklein huisie met die mooiste grootste sonneblom wat hulle nog ooit gesien het in die tuin. Dit lyk asof die sonneblom hulle agternakyk.