Wanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet is hy Ling Ho: opperste towenaar en showman. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem sy assistent en sy kat in hul bakkie gevolg deur 'n karavaan gevolg deur 'n Ventertjie oor die grasvelde van Mpumalanga.