Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud en hulle is 'n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis onder afrit 7 van die snelweg naby die dokke in n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van 'n groot boekuitgewery.