Die lewe op 'n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies maar Anna Atoom is nogal eensaam. Haar ma is heeldag aan die werk in die laboratorium van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so 'n krisis wat Anna van haar pragtige eiland na die verste uithoeke van die planeet neem.