Vroue vrees haar mans begeer haar - die 'ander' vrou. Die skelmpie wat mans van hul vroue en kinders steel en huise opbreek. Linda weet wat van haar gese word dat sy 'n blonde feeks van 'n vrou is 'n tert in die bed. Sy weet sy sou gestenig word as dit nog wettig was.