Op sestien kort mens nog jou ouers se toestemming vir alles. Maar nie Charlie Koekemoer nie. Sy is van kleins af geleer om selfstandig te wees. Totdat Mavis op 'n dag onwetend 'n dig bewaarde geheim verklap en die aarde eensklaps gaan staan. In 'n enkele week verander Charlie se lewe onherroeplik. Niks is meer soos dit was nie.