Lucky (oftewel Carla van der Veen) het pas matriek klaargemaak. Haar missie die afgelope twee jaar was om na haar sussie om te sien terwyl haar ma haar drankprobleem probeer uitsorteer. Noudat die huis se geldsake weer klop en haar ma weer OK is weet Lucky skielik nie wat volgende nie.