Natuurlik wil ons almal graag gewild wees. Maar Clemens die kat wil regtig he ALMAL moet van hom hou â en daarom is dit vir die ander diere op die werf kinderspeletjies om hom met flikflooiery en komplimente ân gat in die kop te praat. Clemens doen alles om hulle guns te wen ⦠maar teen watter prys?