Phillip Schuman se wereld voel of dit in duie stort die dag toe sy ma sterf. Dit is nou net hy en sy pa Tomas die pa wat lankal reeds moed opgegee het op die lewe. Phillip kon maar net sowel saam met Maria gesterf het want na haar dood word Phillip verhoed om enigsins sy talent en passie vir musiek verder uit te leef.