Sy is Helena Bosman van 'n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng - die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.