'n Sirkusbaas roep Kwaaikofski se hulp in: Sy suster Vanessa is die ster van die vertoning maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en Kwaaikofski ruik lont. Hy sal gou moet uitvind wie besig is met aapstreke in sirkus Zampano.