In boek vier van die Poort-reeks moet Kali haar vriende lei in die aanslag teen Chanda-Mundia en sy volgelinge en ook moeilike keuses maak. As sy die liefde bo haar verantwoordelikhede as Bewaker kies wie sal sy kies? Die donker Italianer Leonardo wat nes sy ook ’n Bewaker is? Of haar jare lange geliefde Zak wat buite die Bewaker-kring staan?