Buksie en Bella is heeldag besig besig besig! Hulle jaag mekaar speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont! Hierdie prenteboek is 'n vrolike viering van die spesiale vriendskap tussen 'n kleinding en haar hond. Die ideale voorleesboek vir slaaptyd.