Jess Aarons se grootste droom is om die vinnigste in sy graad te hardloop. Hy het die hele somervakansie geoefen en kan nie wag om sy klasmaats se gesigte te sien wanneer hy hulle almal wen nie. Maar op die eerste skooldag is ân nuwe meisie dapper genoeg om die seuns aan te durf en boonop almal uit te stof.