Bart Moeyaert is die jongste van sewe broers op 'n ry. Daarom is die Belgiese koning sy peetpa en het hy 'n geskenk van die koninklike paleis ontvang: 'n goue beker en 'n goue lepel met ’n kroon en die letter B daarin gegraveer. Hy wonder nog steeds of die B vir Boudewijn of vir Bart staan.