Eers was die raad net bedoel vir Jonathan Jansen se eie kinders wat op die punt van volwassenheid gestaan het. Maar die stukkies wysheid het gou versprei na die studente van die Universiteit van die Vrystaat â en toe nog verder na Jansen se duidende volgelinge op Facebook en Twitter.