Die lewenslustige Siem Sigerius is ân briljante wiskundige kranige judoka rektor magnificus van die Universiteit van Enschede en daar wink ook vir hom ân belowende toekoms in die politiek. Sy vrou sy pragtige intelligente stiefdogters en ân gemaklike pastorale huis op die platteland voltooi die beeld van idille en sukses.