In Mei 2000 skryf die joernalis Chris Louw ân ope brief aan Willem de Klerk waarin hy sy griewe lug teenoor die regering wat aan bewind was in die tyd van die Grensoorlog (ongeveer 1966â1989). Chris Louw, oftewel âBoetmanâ, is ontnugter deur die patriargale leiding van die Afrikanermans van daardie tyd. Pieter Fourie het Chris Louw se brief omskryf tot ân drama waarin verskillende stemme en menings gehoor kan word, onder andere dié van ân ma wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, die joernalis Annesu de Vos wat met Chris Louw ân debat op LitNet gevoer het en ân swart aktivis.