Hoekom sal 'n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek 'n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie 'n vrou het nie. Om die waarheid te se het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil he.