Die verhaal speel in 1951 af en handel oor 'n negejarige seuntjie Thomas wat Die boek van alle dinge begin skryf. Daar word in Thomas-hulle se huis elke dag uit die Bybel gelees. Hy ken al hele stukke uit sy kop wat hy op sy eie manier met humor en fantasie probeer verstaan.