Arme bleek Bennie Botha het 'n probleem: 'n hoesprobleem om presies te wees. Elke aand hoes hy dat die mure bewe en sy bed kraak. Bleek Bennie is sowaar moeg vir die hoes wat hom so wakker hou elke aand. Sal hy 'n plan kan maak om daarvan ontslae te raak? Sy ma se stink salf en die dokters se stoommasjientjie help net mooi niks nie.