Die bergstroom ruis speel af in die vroeë jare van die nedersetting aan die Kaap, in die onbewoonde gebied tussen die Drakensteinberge en die Bergrivier teen die einde van die sewentiende eeu. Die hoofkarakter is die boer en gewese timmerman August Fenting, wat met sy wa en osse die onbekende intrek op soek na ân woonplek vir sy afhanklikes. Hy word gedryf deur die geloof en leuse dat die Fentings altyd op die voorpunt moet wees, op soek na sy eie koninkryk waar hy die vrugte van sy arbeid kan pluk. Skaars het die gesin ân geskikte woonplek gekry en Fentinghof met die grootste moeite aangelê of die oudste seun Kobus wil verder trek in diens van die leuse. Daar is etlike mooi beskrywings in die roman, veral van August se onverstoorbare werklus en gehegtheid aan die grond