Klein Ben is 'n dapper hasie. Toe sy ma vir hom vertel daar bly 'n monster in die woud besluit Klein Ben om hom te gaan soek. Maar in plaas van 'n monster ontdek hy 'n baie bang beer! Sal die beer hom help soek? 'n Oulike avontuurbelaaide storie oor vriendskap en hoe om jou vrese te oorkom.