Vanaf die oomblik toe die baba daar aankom is dit duidelik hy is die baas. Hy rig sy kantoor in die middel van die huis in en Ma en Pa word onmiddellik op ân vier-en-twintig-uur-werkprogram geplaas. Vergadering na vergadering word bele â party in die middel van die nag.