Soos die draad van die lewe gespan in die hande van Zeus se dogter Atropos so verloop hierdie debuutbundel van herinneringsgedigte oor die jeug deur verse oor liefdeswedervaringe en die mediese professie tot waar die draad geknip word - gedigte oor sterflikheid en verlies.