Asterix en Obelix ontdek een bitter koue oggend 'n blok ys op die strand...met 'n bevrore Pikt binne-in. Kasterolix se doepa ruk hom weer reg en die twee vriende vergesel die Pikt MacLawaai terug Pikteland toe om hom met sy clan en sy verloofde te vereinig. Maar in Pikteland is alles ne plus nie. Die bose MacAber hou homself baas.