Quaestor Claudius Sinusitus is op die punt om die Romeinse goewerneur Oppus Dissevirus se duistere geldsake aan die lig te bring maar hy word vergiftig. Sinusitus roep Kasterolix se hulp in en Asterix en Obelix moet na Helvesie reis om 'n skaars blom te gaan pluk wat Sinusitus se lewe sal red.