Derduisende Suid-Afrikaners woon deesdae oorsee sommige tydelik ander permanent. Hulle vaar die vreemde in om uiteenlopende redes: jong professionele gryp werksgeleenthede aan ander bevredig hul wanderlust in London terwyl sommige hul horisonne in die Ooste gaan verbreed.