Hierdie boek dien as Ân toeganklike en doeltreffende hersieningshulpmiddel vir Graad 12-leerders. Dit kan regdeur die kwartaal, asook vir eksamenvoorbereiding, gebruik word. Dit sluit in: Ân Blitshersiening van alle aspekte van die KABV-kurrikulum. Die noodsaaklike teorie en basiese konsepte word in hierdie afdeling gedek en 7 Eksamenvraestelle en Voorgestelde Antwoorde. Duidelike riglyne vir eksamentegniek en uitleg word deurgaans gegee. Die wenke, kommentaar en deurlopende advies deur die onderwyser-skrywer, bou leerders se selfvertroue soos hulle sistematies deur die boek werk. Die riglyne ten opsigte van berekeninge, opsommings van nuttige terminologie en afkortings, dra alles by tot Ân een-stop-boek wat Ân leerder deeglik sal voorberei vir toetse en eksamens. Hierdie studiegids sal Rekeningkundige vaardighede ontwikkel en Rekeningkundeleerders se prestasie verbeter, ongeag hul vermoe.