Toe Lucy Montgomery middae in die laatstrale van die son by haar venster gesit en skryf het aan haar storie oor die enigmatiese Anne, sou sy nooit as te nimmer kon droom dat dié verhaal, meer as honderd jaar later, steeds die harte van mense oor die aardbol heen sou steel nie.