As kind het Hanna X al begin droom oor wat anderkant die stilte le waar die wind vandaan kom en palmbome wuif in die son. Haar kans om te ontvlug uit jare van mishandeling in 'n weeshuis en as diensmeisie kom wanneer die owerhede in Berlyn begin om meisies te werf om in Duits Suidwes-Afrika die manlike koloniste se behoefte aan vroue te verlig.