In die afgelee Sneeuberge van die Oos-Kaap soek ân groep argeoloe onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na ân reeks rotstekeninge: ân befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle die kunswerk na ân uitmergelende soektog vind. Hulle blydskap is egter van korte duur.