CC wou nooit met merino's boer soos haar pa se begeerte was nie. Trouens sy wil glad nie boer nie. Die ander uiterste is waarheen haar hart trek: modes ontwerpe kleure tekstuur. En dit is wat hierdie onversetlike hardekop met 'n flair vir boheemsheid uiteindelik bereik: Sy word 'n modeontwerper met net een voorbehoud - geen trourokke nie.