In Alles het niet kom wod dig Trantraal oor die onderwerpe wat hy in Chokers en suvivors met sy kenmerkende energie belig. Hy dig weer eens oor taal klas ras en die politiek maar fokus hier ook op seksualiteit en die religieuse en stedelike milieu waarin hy grootgeword het. ân Kontroversiele bundel deur die wenner van die Ingrid Jonkerpys.