In Susan Smith se eerste bundel in die afwesigheid van sin het reeds ân hele aantal gedigte oor die omgewing verskyn. In die nuwe bundel word die omgewingsgesprek voortgesit. Die gedigte handel egter nie oor bewaringsvraagstukke nie maar oor die mens se verhouding tot die aarde en die lewende wesens daarop.