Die meeste van ons lewe asof more nog 'n dag is. Asof daar nog baie tyd is om die dinge te doen en te se wat ons weet ons moet. Maar dan skielik word die fast forward-knoppie gedruk en jou lewensverwagting word drasties ingekort. Jy besef vandag kan my laaste wees. More kom dalk nooit. Skielik kyk jy met nuwe oe na die lewe.