Tuisgemaakte sop en brood is een van die beste maniere om liggaam en siel te voed gedurende die koue wintermaande - of dit 'n ontspanne middagete of 'n meer gesofistikeerde voorgereg is sop bly die maklikste en mees veelsydige opsie. 50 Sop- en Broodgeregte bevat vyftig voedende sop- en broodresepte wat familiegunstelinge sal word.