Toe Debbie Calitz en Bruno Pelizzari in Oktober 2010 in Dar-es-Salaam anker lig sou hulle nooit kon raai dat hulle op 'n hellevaart vertrek het nie. Drie dae nadat hulle as bemanningslede op die seiljag Choizel vertrek het is die vaartuig gekaap deur Somaliese seerowers wat 'n losprys vir Debbie en Bruno geeis het.