In hierdie drama val die fokus op die Kalahari-Boesmans se denk- en leefwereld. Terwyl ander eietydse Suid-Afrikaanse stemme rondom hom opklink besin //Kabbo oor die lotgevalle van sy mense wat nie teen die yster van die ander bewoners van die land opgewasse was nie.